Monday, September 19, 2016

O Donderwolk

Donderwolk

O donderwolk oor die see
jou werk om reen vir ons te gee
Met jou rand gedoop in goud
jou middle grys en koud
en as ‘n blits uit jou uitslaan
en die see teen jou opstaan
is jy soos ‘n ligflits in die donker nag
met jou diep stem wat dondererd uit-lag

lopende druppels oor jou wang
maak kind en boot so bang
soos ‘n dief in die lange nag
verander jy die donker nou in dag
jou stem wat oor die water skree
ek is hier om teen donker in te tree
en dan die water wat uit jou stroom
‘n Vrystaat boer se droom

Laat dit liggies oor ons reen
laat jou water ons tog seen
laat die wind jou stoot tog nader
ons gebed aan ons hemelse Vader
laat die plantjies vir ons groei
laat die onheil tog ophou broei
laat jou stem die stille tog verdryf
as jy teen jou vriende tog nou vryf

Ag donker donderwolk
bring tog seen vir ons verdroogte volk
bring ons tog die oorwinnings lied
wat tog vir ons hoop kan bied
laat die damme om ons vul
sodat die leeu weer kan brul
laat water tog benat ons land
ons land hier aan die suider-kant


willie beetge

Friday, December 4, 2015

Tell it as it is: oor ons ewige gebergtes

Tell it as it is: oor ons ewige gebergtes: I hope my my international readers will be able to translate this, I have to write this in Afrikaans Terwyl donker politieke wolke oo...

Wednesday, December 2, 2015

so seker soos



soos ‘n donder storm oor die kranse gly
en blitse donderend oor die vlaktes ry
soos ‘n donkerwolk met rante in goud getooi
soos ‘n bliksemstraal uit ‘n wolk ontplooi
so le die spore van die ossewa ontbloot
diep getrap in ‘n Afrika vevuilde sloot

soos ‘n berg wat skaduus oor die vlaktes trek
soos ‘n lied wat dawerend oor ‘n kerktorings trek
soos ‘n blom wat die veld in kleur versier
soos ‘n seilboot wat die stormwind verdier
so le my kultuur diep in die vlaktes geborduur
diep getrap in die brandende Afrika se vuur

so seker soos ‘n blom sy saad sal skiet
soos die visarend sal sing sy oggend lied
so seker soos die son die ooste in rooi sal tooi
so seker soos bloed die vlaktes sal kleur in rooi
so seker sal die ossewa se spoor in die berge bly
onder die donker wolke wat oor die kranse gly

Ons sal lewe ons sal sterwe
ons drome sal nooit le in skerwe
dit is ons land
hier aan Afrika se Suider kant


willie beetge

Tuesday, December 1, 2015

Zuma Zoeloe kind



en as jy was ‘n Zoeloe kind, onder Koning Dingaan
sou jy dan ook sy beeste steel en hom vertel dit het vergaan
sou jy dan sy beeste aan die boer verkoop, geldjie in jou sak insteek
en vir die koning se die boere het jou sleg verneek
deur die beeste van jou trop te steel
terwyl jy oor die geldjie in jou sakkie streel
Zuma Zoeloe-kind waar het jou mamma jou ge-vind

hoe sou jy dan na koning bees kon kyk
terwyl jy net jou goue sakkie wou ver-ryk
hoe lank sou dit wees
voor die koning jou kon lees
voor die impi sou kon sien
dat jy slegs jou eie sakkie dien
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind

hoe lank sou die goud in jou sakkie le
voor die koning dit terug wou he
hoeveel bees sou jy moes steel
om Nkandla in te deel
voor die impi jou sou vang
en jou teen die rotse oor die see laat hang
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind

sou jy in Dingaan se tyd ook moes vlug
en oor jou skouer skree dit was Jan se klug
verbanneling, van jou eie land
hier in die Zoeloe kant
sou vele vrou jou hart moes streel
terwyl jy ‘n nuwe nasie teel
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind


Willie Beetge

Friday, April 17, 2015

SWART WAS DIE STORM


Die donker storm

Soos ‘n donker wolk wat vryf

en blitse tussen skaduus deur-dryf

totdat hy uitwoed en in wit

sy reen oor die aarde uitstort

Het die donkermagte afrika laat vryf

om hulle siele uit te dryf

Het die blitse oor die horizon gewoed

totdat die reen dit weer versoet

en wit die water in die donkerwolk

weerkaats

 

rustig en wit onder die storm wat woed

het water wit die plase weer versoet

het blitse uit die donkerwolk gepoog

om teen die water  te betoog

maar as die windjie oor die wolke stoot

en die helder son se straal ont-bloot

het wit die water steeds in die wolke

weerkaats.

 

Soos die donker die maan en sterre toevou

en laaste lig deur die heelal grou

So het die lig bly staan

en vir die wolke weer ‘n weg gebaan

om weer te vryf en blitse te laat be be-staan

Maar as die blitse oor die wolk weer woed

word die boere op die plaas vergoed

Het wit die water in die wolke weer

weerkaats.

Saturday, November 15, 2014

benoem na hom 'n straat


 

Eensaam en alleen sit ‘n vrou

Andrew het haar gedwing tot rou

Bloedbeweke getuig winkel vloer

as balke op die grond neer moer

is dit dan nie net wit  moord

maar tog gaan die ANC voort

benoem na hom om ‘n straat

 

jou hande is deurweek in bloed

en tog sê ons dis goed

jou aksies  is net wraak

dit is om van te braak

maar tog gaan julle net voort

vryheidveg is mos nie moord

benoem na hom ‘n straat

 

Hoog op die paal hang jou naam

My kop sak want ek is skaam

En as ons wil ver soen

Oor alles wat julle doen

Gaan julle tog net voort

Dit is mos geensins moord

Benoem na hom ‘n straat

 

Gevang in ‘n politieke toor

Regverdigend as jy moor

‘n straat naam sal ons gee

Maar jou kinders sal dit vee

Jou hande is deurweek in bloed

 rooi soos die more gloed

tog benoem ons na jou ‘n straat

 

Nou die straat met hoer gevul

Met kinders sonder ‘n benul

Is dit dan nou ons land

Aan die suider kant

Ons sê dit is net moord

Maar tog gaan julle voort

Benoem na hom ‘n straat

 

Willie Beetge

luanda moer


Luanda wals

Teen my naakte lyf
met ‘n krag draad wat teen my vryf
my liggaam wat stadig breuk
met brandende vleis se reuk

 weer is dit hy wat vra
om inligting aan hom oor te dra
voor die ligte vlou verdof
my tande klap en wil ont plof

sterre skied deur my kop
as my lyf heen en weer hop
sy swart gesig wat stip na my kyk
terwyl my sinne weg swyk

hy druk dan weer die knop
uriene hardloop nou soos sop
die reuk van vleis wat brand
dryf my oor die sinne rand

my kop slaan teen die  vloer  
my oe is total ontvoer
en as dit donker word
en ek in duie stort

op n vloer van uriene nat 
wat as ek val die lug in spat
en die donker gat my
met ys water nat spat

flikkerend kom lig weer terug
waar ek le hier op my rug
sy staal punt stewel tref my kop
as hy met mening my nou skop

‘n bliksemstraal vlieg deur my kop
 God wanneer gaan dit stop
Stinkend sy asem teen my oor
terwyl die klamp in my sagte vleis in boor

My vingers en tone ruk
as hy die krag knop druk
Ek hoor die bene breuk
soos die lug by my mond uit neuk

En as hy dink ek lieg
breuk hy my linker knieg
Die kopseer in my murg
het my stem skoon ver wurg

Sy stewel tref my weer
op die ken hierdie keer
My ligte is nou uit
my denke is total gestuit

Sy stem word dof
as my liggaam teen die grond neer-plof
Ek het niks meer oor
ek het  total veloor.

maar ek sal lewe
voort sal ek strewe
jou swarte moer
dink ek hier op die vloer

 

Willie beetge 1990