Thursday, November 2, 2017

Vrede liefde en hoop

Met die moregloed
wat oor berge en riviere woed
die duister skaduus wat agter geboue skuil
sal ek my land en volk vir niks ver-ruil
Die sagte maan wat die naglug kleur
asof hy die stilte van 'n kriek oop skeur
ek voel hoe hoop my hart laat klop
hoe niks my drang sal stop

As 'n man in rooi geklee
sy seepkassie betree
Sy woorde wat soos leegle blikke
le in propaganda strikke
maar dan sien ek weer die maan
die sterre wat 'n pad deur die hemel baan
sinkhuisies kliphuisies Datsun bakkies
gevul met niks verpak in pakkies

Ek hoor die dawerende dreuning
ek voel die swart-drag onder-steuning
maar die maan en al die sterre bly
soos 'n flits om my te ly
Ek sien 'n standbeeld val
'n vekrummelde rugby bal
maar dit alles laat my dink
aan strate wat in riool poele stink

Saggies en teer roep my hart nou uit
vrede, liefde en hoop.


Willie Beetge 3/11/2017

gevoelens uit die suide

soos 'n dief in die nag
sku op sy prooi wag
so is die volk van 'n land
wat boer en bees aanrand
ek voel hoe die sakkende son
die skadus laat groei langer as hy kon
maar dan die gedagte wat vas-slaan
soos 'n stikkende hond
as kuste met aarde bond

Ek voel hoe 'n lied in my drom
hoe 'n gediggie lank en krom
uit my pen wil lek
om woorde op papier te vlek
Woorde wat deur 'n hol pyp spreuk
maar dan die gedagte wat in my vas-slaan
soos 'n brakende kat
as Juliaas alles vat

Ek voel hoe my stem uit kreun
hoe dit teen die die kranse dreun
hoe dit dawerend die vlaktes vul
en tussen die doring bome brul
Klanke in die verstukkende nag
maar dan die gedagte wat vas-slaan
soos 'n kreunende olifant
hier in ons suider land

Ek voel hoe die windjie teen my stoot
hoe dit koue luggie aan my ont-bloot
hoe dit skreeuend om die hoeke fluit
as die nag sy deure sluit.
'n gevoel wat oor jou nou heers
maar dan die gedagte wat vas-slaan
soos die kotsende lee woorde
van 'n seepkussie uit die noorde

Ek sien hoe die skadu nader loop
om die boorde leeg te stroop
hoe die grassies onder voete leen
kielie teen die skuduwee se been
'n gesig wat voor jou dans en speel
maar dan die gedagte wat vas-slaan
soos 'n geringde water-bok
dink ek weer ag nee fok


Willie Beetge 02/11/2017