Wednesday, December 2, 2015

so seker soos



soos ‘n donder storm oor die kranse gly
en blitse donderend oor die vlaktes ry
soos ‘n donkerwolk met rante in goud getooi
soos ‘n bliksemstraal uit ‘n wolk ontplooi
so le die spore van die ossewa ontbloot
diep getrap in ‘n Afrika vevuilde sloot

soos ‘n berg wat skaduus oor die vlaktes trek
soos ‘n lied wat dawerend oor ‘n kerktorings trek
soos ‘n blom wat die veld in kleur versier
soos ‘n seilboot wat die stormwind verdier
so le my kultuur diep in die vlaktes geborduur
diep getrap in die brandende Afrika se vuur

so seker soos ‘n blom sy saad sal skiet
soos die visarend sal sing sy oggend lied
so seker soos die son die ooste in rooi sal tooi
so seker soos bloed die vlaktes sal kleur in rooi
so seker sal die ossewa se spoor in die berge bly
onder die donker wolke wat oor die kranse gly

Ons sal lewe ons sal sterwe
ons drome sal nooit le in skerwe
dit is ons land
hier aan Afrika se Suider kant


willie beetge

No comments:

Post a Comment