Wednesday, January 29, 2020

U het altyd geweet

U het altyd geweet
Van alle tye af het U geweet
dat deur sonde ons sal swoeg en sweet
Van Genesis met U belofte aan die slang
het ons na U liefde en hoop verlang
slang en die vrou sal in vyandskap leef
na die siel van die mens sal jy streef

Maar in haar nageslag
sal kom die wonder dag
waar jou kop vermorsel word
Van daardie dag het U geweet
ons met U maat gemeet

Die oorlog wat in ons woed
in vlees en gees en ons gemoed
U het reeds geweet dat U seun sal kom
om ons met wonders te verstom
Die stryd teen die vlees
sal altyd wees

Maar tog het U vir ons gesê
dat die gif van slang sal leeg-lê
Die dood en die kop van die slang
lê nou in skerwe bewend want hy is bang
U seun het U vir ons gestuur
met Gees het Hy ons gevul in vuur
Met wapenrusting is ons beklee
om tot die geveg toe te tree
Die teengif teen die slang se byt
Liefde Genade tog so wyd
In hierdie lewe sal ons bly
teen satan sal ons stry
Maar deur U genade
U wonder dade
Sal ons nou vir ewig lewe
as ons na U koningkryk strewe
Ons dank U vir die swoeg
die sweet en die wroeg
Dat U ons gekies het
in tug van liefde ons belet het
Dat U U seun vir ons gestuur het
Dankie Jesus dat dat U die slang vermorsel het
Amen
'n Gediggie deur Willie Beetge alle eer is aan Hom wat ons gemaak het 30/01/2020