Monday, September 19, 2016

O Donderwolk

Donderwolk

O donderwolk oor die see
jou werk om reen vir ons te gee
Met jou rand gedoop in goud
jou middle grys en koud
en as ‘n blits uit jou uitslaan
en die see teen jou opstaan
is jy soos ‘n ligflits in die donker nag
met jou diep stem wat dondererd uit-lag

lopende druppels oor jou wang
maak kind en boot so bang
soos ‘n dief in die lange nag
verander jy die donker nou in dag
jou stem wat oor die water skree
ek is hier om teen donker in te tree
en dan die water wat uit jou stroom
‘n Vrystaat boer se droom

Laat dit liggies oor ons reen
laat jou water ons tog seen
laat die wind jou stoot tog nader
ons gebed aan ons hemelse Vader
laat die plantjies vir ons groei
laat die onheil tog ophou broei
laat jou stem die stille tog verdryf
as jy teen jou vriende tog nou vryf

Ag donker donderwolk
bring tog seen vir ons verdroogte volk
bring ons tog die oorwinnings lied
wat tog vir ons hoop kan bied
laat die damme om ons vul
sodat die leeu weer kan brul
laat water tog benat ons land
ons land hier aan die suider-kant


willie beetge