Donderwolk
O donderwolk
oor die see
jou werk om
reen vir ons te gee
Met jou rand
gedoop in goud
jou middle
grys en koud
en as ‘n
blits uit jou uitslaan
en die see
teen jou opstaan
is jy soos
‘n ligflits in die donker nag
met jou diep
stem wat dondererd uit-lag
lopende
druppels oor jou wang
maak kind en
boot so bang
soos ‘n dief
in die lange nag
verander jy
die donker nou in dag
jou stem wat
oor die water skree
ek is hier
om teen donker in te tree
en dan die
water wat uit jou stroom
‘n Vrystaat
boer se droom
Laat dit
liggies oor ons reen
laat jou
water ons tog seen
laat die
wind jou stoot tog nader
ons gebed
aan ons hemelse Vader
laat die
plantjies vir ons groei
laat die
onheil tog ophou broei
laat jou
stem die stille tog verdryf
as jy teen
jou vriende tog nou vryf
Ag donker
donderwolk
bring tog
seen vir ons verdroogte volk
bring ons
tog die oorwinnings lied
wat tog vir
ons hoop kan bied
laat die damme
om ons vul
sodat die
leeu weer kan brul
laat water
tog benat ons land
ons land
hier aan die suider-kant
willie
beetge
No comments:
Post a Comment