Friday, April 17, 2015

SWART WAS DIE STORM


Die donker storm

Soos ‘n donker wolk wat vryf

en blitse tussen skaduus deur-dryf

totdat hy uitwoed en in wit

sy reen oor die aarde uitstort

Het die donkermagte afrika laat vryf

om hulle siele uit te dryf

Het die blitse oor die horizon gewoed

totdat die reen dit weer versoet

en wit die water in die donkerwolk

weerkaats

 

rustig en wit onder die storm wat woed

het water wit die plase weer versoet

het blitse uit die donkerwolk gepoog

om teen die water  te betoog

maar as die windjie oor die wolke stoot

en die helder son se straal ont-bloot

het wit die water steeds in die wolke

weerkaats.

 

Soos die donker die maan en sterre toevou

en laaste lig deur die heelal grou

So het die lig bly staan

en vir die wolke weer ‘n weg gebaan

om weer te vryf en blitse te laat be be-staan

Maar as die blitse oor die wolk weer woed

word die boere op die plaas vergoed

Het wit die water in die wolke weer

weerkaats.

No comments:

Post a Comment