Luanda wals
Teen my
naakte lyf
met ‘n krag draad wat teen my vryf
my liggaam
wat stadig breuk
met brandende vleis se reuk
weer is dit hy wat vra
om inligting aan hom oor
te dra
voor die
ligte vlou verdof
my tande klap en wil ont plof
sterre skied
deur my kop
as my lyf heen en weer hop
sy swart
gesig wat stip na my kyk
terwyl my sinne weg swyk
hy druk dan
weer die knop
uriene hardloop nou soos sop
die reuk van
vleis wat brand
dryf my oor die sinne rand
my kop slaan
teen die vloer
my oe is total ontvoer
en as dit
donker word
en ek in duie stort
op n vloer
van uriene nat
wat as ek val die lug in
spat
en die
donker gat my
met ys water nat spat
flikkerend
kom lig weer terug
waar ek le hier op my rug
sy staal
punt stewel tref my kop
as hy met mening my nou skop
‘n bliksemstraal
vlieg deur my kop
God wanneer gaan dit stop
Stinkend sy
asem teen my oor
terwyl die klamp in my sagte vleis in boor
My vingers
en tone ruk
as hy die krag knop druk
Ek hoor die
bene breuk
soos die lug by my mond uit neuk
En as hy
dink ek lieg
breuk hy my linker knieg
Die kopseer
in my murg
het my stem skoon ver wurg
Sy stewel
tref my weer
op die ken hierdie keer
My ligte is
nou uit
my denke is total gestuit
Sy stem word
dof
as my liggaam teen die grond neer-plof
Ek het niks
meer oor
ek het total veloor.
Willie beetge
1990
No comments:
Post a Comment