Saturday, November 15, 2014

soos 'n dief in die nag


Soos ‘n dief in die nag

 

Stadig maar seker steel jy my reg

om terug te veg

het jy dan gedink ons slaap

ons sien jou nader sluip

jou knieë is dan deur ge-kruip

om my regte weg te gryp

 

en as die stort jou vigs weg was

is jy in die wêreld in jou eie klas

jou bles wat blink

as jy om my swink

het jy dan gedink ons slaap

 

as jou vingertaal jou weereens vaal

met jou dubbel kop so kaal

en die wêreld lag

antwoord jy hakkelend so sag

het jy dan gedink ons slaap

 

jou hande vuil in bloed

met jou gesig se onskuld gloed

shame jy word so maer

as ons trek om jou ‘n onderhandelings laer

het jy dan gedink ons slaap

 

ons sal lewe ons sal sterwe

tot jou idiaal lê in skerwe

my taal sal jy nie steel

as ons saamstaan is ons te veel

het jy dan gedink ons slaap

 

willie beetge

 

No comments:

Post a Comment