Saturday, November 15, 2014

mombakkie demokrassie


Mombakkie demokrasie

Dis asof die tyd agter n mombakkie skuil terwyl my land in Rommel vervuil

Die munisipaliteit sit op dik stoele terwyl my dorp lê in riool poele

die ligte gaan af as eskom uit kool uit draf

dit is ons basis met ‘n pop wat skree rasis

steve se go figure en die pop hoor go niger

‘n landie breuk weer reg voor Nkandla se deur

Dit is asof die president agter ‘n mombakkie skuil as hy sy siel veruil


Langs Nkandla se deur lê ‘n moerse polisie geweer

Die klonkie se voete steeds kaal sy vel op sy kop is vaal

Maar by Nkandla se deur le ‘n belasting beursie  ge-skeur

Met sy hoed in die hand langs die robot se kant

Staan ‘n man sonder kos of ‘n van

Hy vra vir ‘n sent die nare stinkende vent

Maar by Nkandla se deur lê ‘n polisie geweer


Malema steel die grond sy maagie is rond

Hy skree jy moet betaal maar dis al wat hy  behaal

Sy oorpak is rooi nooit uitgetooi

Ag shame hy wil leer hoe om die boere te steur.

Maar by Nkandla se deur is niks wat gebeur

, landie wat staan ‘n pop wat vergaan

Steve skree go figure wat de moer is figure

Vra zuma  esh it is much biggar


Waar gaan ons heen met rasisme wat om ons reën

As ons sing swem jannie swem is dit rasisties

As ons sing swem Sibusiso swem is dit intimidasie

Sink huise met water sluise

Dit is dan reg solank eff vir dit veg

Maar by Nkandla se deur lê belasting ver-skeur

En as malema skree betaal word zuma kop sommer vaal


Mombakkies hondebakkies Datsun bakkies

Sinkhuisies, blikhuisies geenhuisies

Ag tog waar gaan ons heen hoe gaan ons ween

Ons sal lewe ons sal sterwe

Voor ons land lê in skerwe



Willie beetge 12/11/2014

No comments:

Post a Comment