Soos ‘n dief
in die nag
Stadig maar
seker steel jy my reg
om terug te
veg
het jy dan
gedink ons slaap
ons sien jou nader sluip
jou knieë is
dan deur ge-kruip
om my regte
weg te gryp
en as die
stort jou vigs weg was
is jy in die
wêreld in jou eie klas
jou bles wat
blink
as jy om my swink
het jy dan
gedink ons slaap
as jou
vingertaal jou weereens vaal
met jou
dubbel kop so kaal
en die
wêreld lag
antwoord jy
hakkelend so sag
het jy dan
gedink ons slaap
jou hande
vuil in bloed
met jou
gesig se onskuld gloed
shame jy
word so maer
as ons trek
om jou ‘n onderhandelings laer
het jy dan
gedink ons slaap
ons sal lewe
ons sal sterwe
tot jou
idiaal lê in skerwe
my taal sal
jy nie steel
as ons
saamstaan is ons te veel
het jy dan
gedink ons slaap
willie
beetge
No comments:
Post a Comment