Thursday, November 2, 2017

Vrede liefde en hoop

Met die moregloed
wat oor berge en riviere woed
die duister skaduus wat agter geboue skuil
sal ek my land en volk vir niks ver-ruil
Die sagte maan wat die naglug kleur
asof hy die stilte van 'n kriek oop skeur
ek voel hoe hoop my hart laat klop
hoe niks my drang sal stop

As 'n man in rooi geklee
sy seepkassie betree
Sy woorde wat soos leegle blikke
le in propaganda strikke
maar dan sien ek weer die maan
die sterre wat 'n pad deur die hemel baan
sinkhuisies kliphuisies Datsun bakkies
gevul met niks verpak in pakkies

Ek hoor die dawerende dreuning
ek voel die swart-drag onder-steuning
maar die maan en al die sterre bly
soos 'n flits om my te ly
Ek sien 'n standbeeld val
'n vekrummelde rugby bal
maar dit alles laat my dink
aan strate wat in riool poele stink

Saggies en teer roep my hart nou uit
vrede, liefde en hoop.


Willie Beetge 3/11/2017

No comments:

Post a Comment