Monday, September 10, 2018

Ek wil net ‘n wolkie wees


Ek wil net ‘n wolkie wees
Met ‘n stemmetjie so hees
Wat donder in boesem dra
Wat lig laat bliksem as die plante vra
Ek wil net ‘n wolkie wees
Sonder bloed of vlees

En as die plantjie in droogte ween
Wil ek met donder oor hom reen
Ek will lewe in riviere dra
Elke keer as die stoffies vra
Ek wil net ‘n wolkie wees
Met ‘n donder stem so hees

Ek wil net ‘n wolkie wees
Reenend oor skaap en bees
Ek wil lewe in plante dra
As die engeltjies my vra
Ek wil net ‘n wolkie wees
Sonder pyn of vrees

Sonder indringende vrees
Wil ek net ‘n wolkie wees
Sonder emosies of haat
Almal moet van my baat
Ek wil net ‘n wolkie wees
Sonder wroeging of vrees

Laat my nou ‘n wolkie wees
Wat die windjie in lug kan lees
Laat my skadu koelte bring
As ek tussen die heuwels spring
Ek wil net ‘n wolkie wees
Sonder trane en vrees

Willie beetge 09/09/2018


No comments:

Post a Comment