Saturday, November 15, 2014

benoem na hom 'n straat


 

Eensaam en alleen sit ‘n vrou

Andrew het haar gedwing tot rou

Bloedbeweke getuig winkel vloer

as balke op die grond neer moer

is dit dan nie net wit  moord

maar tog gaan die ANC voort

benoem na hom om ‘n straat

 

jou hande is deurweek in bloed

en tog sê ons dis goed

jou aksies  is net wraak

dit is om van te braak

maar tog gaan julle net voort

vryheidveg is mos nie moord

benoem na hom ‘n straat

 

Hoog op die paal hang jou naam

My kop sak want ek is skaam

En as ons wil ver soen

Oor alles wat julle doen

Gaan julle tog net voort

Dit is mos geensins moord

Benoem na hom ‘n straat

 

Gevang in ‘n politieke toor

Regverdigend as jy moor

‘n straat naam sal ons gee

Maar jou kinders sal dit vee

Jou hande is deurweek in bloed

 rooi soos die more gloed

tog benoem ons na jou ‘n straat

 

Nou die straat met hoer gevul

Met kinders sonder ‘n benul

Is dit dan nou ons land

Aan die suider kant

Ons sê dit is net moord

Maar tog gaan julle voort

Benoem na hom ‘n straat

 

Willie Beetge

No comments:

Post a Comment