Grys is die see wat teen die walle val
As die storm
sy vuiste bal
Wit skuim
wat die lug in-spring
As hy teen
die rotse dring
Blitse verlig
die donker dag
Terwyl die
golwe hang en wag
Dit is asof
die storm wolke draai
Dansend met
donder kraai
Die water
wat maal en skommel
Wolke wat
skree en rommel
Maar die
land staan vas
Teen die
wind wat hom be-tas
My oe dwaal
oor die bome se buig
Oor die wind
wat blaas en suig
Teen die wal
‘n bereende wese
Nat en
onbe-lese
Selfs die
son soek skuiling agter ‘n wolk
Soos die
vrees van ‘n verdrukte volk
Ek wonder of
die maan agter die berge hang
Of hy ook
wag want hy is bang
Ek wonder of
die natuur se parlement
Stem oor hoe
hulle wolkies aan sal wend
Bulderend die
wolk se skree
Flitsend die
bliksem wat die land be-tree
Die wolke
vrees in en ween
Voor hulle
vloedend oor my reen
In vlae
slaan die water neer
Blitsende bulder
die wolke weer
Maar die
land staan vas
Teen die
wind wat hom be-tas
Willie
Beetge 29/09/2018