Sunday, September 23, 2018

Ag toggie



Hoe kan ek na nuus nog luister
As dit stront in my ore fluister
Ek hoor hoe geskiedenis verander
Hoe dit die waarheid ver-verskander
Hoe die bloed op my hande
Nou net is ‘n skande

Ek hoor hoe dapper helde
Wat le oor die Angola velde
Net ‘n leun was in ons ore
Al sien ek hulle nog le in die vore
Ek hoor hoe die seuns moes sterwe
Sien ons land le in skerwe

Ek onthou die vriend se bloed
Versprei oor die land se goed
Ek hoor hoe malema skree
Hoe die bloed in my are in-tree
Hoe kan ek dan nog luister
Met die stront wat almal fluister

Dan sien ek weer die bloed op die land
Die liggame aan die veld se kant
Ek hoor die kleure van die veld
Teen die onmin wat nou geld
Hoe kan ek na jou luister
As jy kak in my ore fluister

Willie Beetge 22/09/2018


No comments:

Post a Comment