Monday, September 24, 2018

Leuns van die hart


Met liefde kan jy alles vermag
Selfs teen seer woorde wat jou ver-krag
Onvoorwaardelik is die liefde wat ons moet he
Al se hulle ons wil jou nie meer he
Vergifnis is nie op hierdie aarde nie
Want daar is geen waarheid nie
Daar is geen begrip vir pyn
Geen wit soliede lyn

Maar my hart sal altyd lief bly
Soos ‘n eend altyd land op sy vlei
Soos die olifant altyd bymekaar sal bly
So sal ek teen gemoed aan ry
Trane is die natuur se seepies
Wat was tussen die reepies
Soms skyn die son se strale op jou
Om net weer  ‘n bietjie op te bou

Wat het ons dan stukkend gemaak
Was dit net om almal te vermaak
Wie het ons sanity gesteel
Was jy fokken verveel
Maar in my are sal bloed so rooi
Aanhou om my is lewe te tooi
Ek ken geen vrees maar ek is bang
Dat eensaamheid my sal vang

Gelukkig weet ons dat die waarheid altyd uit sal kom
Dat die einde alles op sal som
As ek maar net ‘n wolkie was
Dan kon my trane las
Lewe vir ander bring
Sonder om in te dring
Eendag sal ek ‘n wolkie wees
Sonder bene of vlees

24/09/2018



No comments:

Post a Comment