Saturday, September 29, 2018

Storms in die nag


Grys is die see wat teen die walle val
As die storm sy vuiste bal
Wit skuim wat die lug in-spring
As hy teen die rotse dring
Blitse verlig die donker dag
Terwyl die golwe hang en wag

Dit is asof die storm wolke draai
Dansend met donder kraai
Die water wat maal en skommel
Wolke wat skree en rommel
Maar die land staan vas
Teen die wind wat hom be-tas

My oe dwaal oor die bome se buig
Oor die wind wat blaas en suig
Teen die wal ‘n bereende wese
Nat en onbe-lese
Selfs die son soek skuiling agter ‘n wolk
Soos die vrees van ‘n verdrukte volk

Ek wonder of die maan agter die berge hang
Of hy ook wag want hy is bang
Ek wonder of die natuur se parlement
Stem oor hoe hulle wolkies aan sal wend
Bulderend die wolk se skree
Flitsend die bliksem wat die land be-tree

Die wolke vrees in en ween
Voor hulle vloedend oor my reen
In vlae slaan die water neer
Blitsende bulder die wolke weer
Maar die land staan vas
Teen die wind wat hom be-tas

Willie Beetge 29/09/2018




No comments:

Post a Comment