Starre oe met gebreukte nekke
Uniforms vol bloedende vlekke
Rasende lemme tussen die bome
Vallende liggame in nag drome
Grond wat in die lug in-spring
As die lood die grond ver-dring
Die reuk van bitter maag gal
Wat oor my uniform val
Droog die donder bloei
Wat oor my skouer vloei
Ek voel die laaste lewens bloed
Sy laaste asem wat die lug nou vloed
Onder die maan voel ek die reuk
Van dooie bloed as dit velle breuk
Ek hoor die kleure van die nag
Terwyl dit in my ore lag
En deur my kopbeen dring
En wonder is dit vol-bring
Ek voel hoe die elekties teit
My teen die grond vas smeit
Die woorde wat die kamer vul
Voor die woorde oor my lippe gil
Sewe agt wil ek nou skree
Voor die stewel my gesig be-tree
Ek hoor my velle skeur oor die klippe
Die woorde sewe agt stuier oor my lippe
Die Unimog wat my oor rotse sleep
Onder n maan geel en leep
Ek voel die klanke van die stof
Rof en onbe-skof
Ek hoor die doodsengel nader ploeg
En skree vir hom stop ek is ge-noeg
Dan onthou ek dat ek lief moet wees
Dat dit al is wat my kan genees
Ek hoor hoe die krag weer vloei
Hoe dit my knaters skroei
My oe gaan oop in die massa graf
‘n honger hond wat om ons draf
Ek voel Luanda se riool poele
Om my neus in dik stoele
Dan weer die woorde in my kop
Die Unimog se engine wat nou stop
Dit is asof my gedagtes spring
As alleen my kop in-dring
Ek sien die klanke van die nag
Terwyl ek vir daglig wag
Ek hoor die pyn in my hart
Sien die trane en die smart
Maar dan onthou ek dat ek lief moet wees
Dat ek almal in my droom kan genees
Dat ek vergifnis moet he
Terwyl ek op hierdie kussing le
En al wat my maak nog bang
Is dat eensaamheid my sal vang
Willie beetge 26/09/2018
No comments:
Post a Comment