Monday, September 10, 2018

Dis die lewe.



So seker soos die son en maan
daagliks oor ons gaan
Soos die wind oor ons sal waai
en die getuie in die see sal swaai
So seker sal emosies jou lewe reel
En die werklikheid van jou steel

So seker soos die son die plante voed
Terwyl die see teen die land in woed
So seker soos sterre in die nag sal skyn
So seker soos skadu’s agter gebou ver-dwyn
So seker sal elke dag ‘n boodskap dra
Wat knaend die waarheid vra

Soms moet ons van buite kyk
Hoe ons in die situasie lyk
Hoe die emosie van buite staan
Voor ons besluit hoe ons aan sal gaan
Voor die emosie jou lewe steel
en jou lewe vir jou nou reel

is dit dan jou inner kind
wat skree teen die wind
is dit jou opper self
wat teen jou waardes delf
Laat jou gedagtes daagliks gaan
Om jou lewe vir jou te baan

En dit wat jy aan dink
Is die water wat jy sal drink
Laat jou verbeelding jou oe oopmaak
Laat jou geloof jou uitkoms maak
So hoekom sal jy bewe
Dit is jou keuse en jou lewe

Willie Beetge 11/09/2018



No comments:

Post a Comment