Wednesday, September 12, 2018

Lente in die lug


Kleure wat note in jou ore sing
Buie klankies reukies deur jou oe bring
Die reuk van blomme wat voor jou dans
Terwyl skadus agter bome skans
Dit is die lied wat die lente sing
Wat vreugde in die harte bring

Sonder ‘n woord fluister die vlinders so sag
As die son strale se dis nog ‘n dag
Ek hoor die kleure van die veld
Die asemrowendheid wat nou geld
Ek voel die warm somer son se skyn
Voor dit agter ‘n wolkie ver-dwyn

Is dit dan die blomme of die bytjies
Of net die geel blom vlytjies
Maar ek kan die kleure hoor fluister
Die wurmpies sien ek luister
Ek hoor hoe die son strale skyn
Tot dit agter die berge ver-dwyn

Dit is nou die kriek wat agter my raas
Die padda wat kwaak hy is baas
Ek hoor hie maan oor die berge stuig
Hoe die lig tussen die blare huig
Saggie die aand se windjie wat waai
Blommetjies wat dansend in die maan swaai

Ek wonder hoe die kleur pienk ryk
Hoe die son van die maan af lyk
Ek hoor die vuurtjie se ge knetter
Die water wat oor die berge wetter
‘n mot vlieg oor die kersie
En sing sy laaste versie

Dit is die wonderlike lente lied
Sy lewe wat hy aan ons kan bied
Ek hoor hoe blommetjies oopmaak
Hoe kleur alles laat saak maak
Laat ons almal nou saam sing
Van die blomme en enige ding

Willie Beetge 12/09/2018


No comments:

Post a Comment