Thursday, October 4, 2018

woorde in die nag

Skamele woorde
In gedagte boorde
Woorde wat swig onder pyn
As dit soos trane op wange ver-dwyn
Saggies die Ooste wind
Wat woorde aan werklikheid bind

Die seer en die pyn in jou bors
Wat die woorde op jou af-vors
Dis asof jou hart vinniger klop
Al wens jy hymoet nou stop
Soos water oor wange vloei
En gedagtes in jou koppie bloei
Is die woorde wind
As dit jou alleen vind

Asof somber jy word
Onder die stene van jou fort
Asof kastele leeg en droog le
Glad nie wat jy wil he
Maar die son en die maan
Wyer om te gaan staan

Dan weer die woorde se val
Spannende vuiste wat bal
Die eina in jou bors
Soos ‘n ongeleste dors
Maar die son en die maan
Wyer om te gaan staan

Die nagte strek lank
Met wolkie drome op jou bank
Dis die eina en trane
Soos lekkende krane
Wat die liedjie nou sing
En die pyn terug bring

Stukkend die donker dik nag
Met drome wat wag
Drome van geluk
Wat in jou keel af stuk
Maar die son en die maan
Wyer om stil te staan

Gemoed woede wat stoot
Die wens dat jy was dood
Ek vervloek my hart se klop
En wens hy wil stop
Maar die son en die maan
Wil glad nie stil staan


Willie Beetge 04/10/2018

No comments:

Post a Comment