Sunday, October 14, 2018

Daar is geen vrees


Verwelkende kinderwoorde druis soos donder deur die lug
Blou fitterjoel strem die kleur van die hemelland
Vissies swem voor skreefoog bote soos ‘n walvis uit die diepte van ons see
Die land betree
Ewig staan die ewige gebergtes onder die vlerkspan van die arend
Skreeuend die moordadige vloek dawerend teen die berge totdat die kranse antwoord gee
Stemme wat soos engele sing
Terwyl dit deur die hemele dring
Is die skreeu van ons geliefdes van my land hier aan die Suider kant.
Soos ‘n pyl ‘n boog verlaat en fluitend deur die volkshart tree
Net so slaan my gedagtes teen kranse wat skree
Ek voel die dreuning
Van die osewa se balke kreuning
Donker hang die bandbrand wolke
Oor die moordadige volke
Wat die blou van onse hemel tart
Riool besmet die volk en bees se water
Selfs die magtige olifant stuier onder die giere loop
Net om sy tande te ver-koop
Dubbelsinnige woorde stroom soos bandrook oor die berge
Verlep die lelie van die velde
Nuwe is die word, nuwe niks die belofte wat die veld verwelk
Selfs die reen voel skaam om die kranse af te spoel

In die Oooste hoor ek woorde van die Xhosa
Weste die leens van Ramaposa
Die dawerende onreg wat op die wolke ry
Die honger wat die vlaktes vly
‘n dors wat ongeles my keel betas
Maar dan die volkslied woorde ons sal lewe
terwyl die ongeregtigheid bewe
Maar ons sal ook sterwe in die diep getrapte spore van geregtigheid
Vrees mag ons harte nie betas
Onreg ons lewens nie belas
Hy wat werklik glo sal nie die word van vrees kan spreuk
Hy wat vrees aanjaag wat tuimel onder die kruis mag mos nie geregtig wees nie
Hierdie verdoemingsvraag krul nou deur my kop single om die woorde dat oordeel nie in my mag gesetel is nie
Ek wil met ‘n dawerende stem skreeu “vir dom is daar nie pille nie”
Ek wil teen die berge ophardloop en soos die visarend joedel
Waar is jou geloof my volk. Waar is die Gods Laer wat jy om die Bybel trek
Maar ek het nie die reg om te oordeel nie
Sal ek dan ‘n klip na jou gooi as my huisie is van glas
Sal ek dan die weerlig tart of my stem oor die donder werp
Maar vrees mag ons nooit my volk
Bewe in ons kniee is daar vir die koue in die nag

Ek hoor die padda en die kriek hul liedjie sing
Hoe die slang stadig nader seil
Vreesloos roep hulle nog na ‘n maat
Wie is ek dan om te vrees
Wie is ek dan om te bewe en te sidder
Dis tog slegs die dood wat mag kom
Hierdie dood is hy nie dan my onderdaan?
My voetrus en my vervoer na my beloofte land
So as ek vrees het ek dan nie my geloof verloor nie
My gedagtes spring weer twyfelend na die plaas moord
Verdomde vrees skree ek
Ek wonder of die hemele nie gevul is met engele wat Afrikaans praat nie

My stem hef weer op en bulder oor die berge
“dood waar is jou angel dan”
“wie is jy dat ek jou mag vrees”
Jy is net ‘n moet ‘n bussie na my huis
Dit is dan die woorde wat ek aan my hart moet klem
Die geloof wat ek aan moet hang
Ek is nie bang


Willie Beetge 14/11/2018 

No comments:

Post a Comment