Wednesday, October 17, 2018

GOGGAMAKRAK


Hy spring en juig
As hy teen die venster vas suig
Sy lippe rond en duk
Terwyl aan sy woorde stuk
Sy hand gryp en klou
Sy wange rond en blou

Dit is gogga-makrak
Die draer van lig en sak
Sy oogies rond en swart
Sy denke altyd net ‘n kwart
Steel is sy gedagte gang
Want hy se hy is nie bang

Sy voete gebars aan die skene
Sy broek half teen sy bene
Ringetjies glinster in sy neus
Terwyl hy die melk-doos lees
Sy onderbroek steek uit
Sy broek soos ‘n skeeps kajuit

Vastrap is sy waggle dans
Check my ek het ‘n kans
Sy voete sleep en raas
Want sy onderbroek is baas
Gogga-makrak is sy naam
Ag ek kry vir hom tog so skaam


Willie Beetge 17/10/2018

No comments:

Post a Comment