Wednesday, October 17, 2018

Mofkop skapie

Mamma se kind
Waar het sy jou gevind
Jou skoene verteer
Loop jy sonder eer

Mamma se mof-koppie
Sleepende toon sloppie
Jou oogies duk en rooi
Soek jy na ‘n nooi

Mamma se kind
Waar het sy jou gevind
Jou boskaas waai in die wind
Jou oorring het jou reeds verslind

Jy lyk soos jou mammie
Maar piepie soos jou pappie
Broekspyp sleepend oor die teer
Met neusring is jy geveer

Mamma se roskop wol-kind
Waar het jou mamma jou ge-vind
Sigaret agter die oor
Slinger jy oor die voor

Mamma sy mof-kop skapie


Willie Beetge 17/10/2018

No comments:

Post a Comment