Wednesday, October 17, 2018

Ramapokker kind


Soos ‘n dief in die nag het jy ons genader
In die skaduus het jy geskuil
Om ons vir kaf in te ruil
Jou hande besmet met korrupsie
Wil jy nou my erfenis steel
Net om Malema se voete te streel
Met jou blink karretjie ry jy oor my spore
Maar min weet jy ek raak nie verlore
Jy is ‘n ware rampokker
‘n lelike leun poker
Maar min het jy geweet wie ons werklik is
Min het jy geweet dat leens nie sit in ons klere
Ons is beter as Kentucky vere
Ag liewe Ramapokker
Zuma kind
Waar het jou mamma jou gevind
In die duister is jy onsigbaar
Jou dade onmisbaar
Maar soos ‘n dief in die nag het jy gepraat
Soek jy dan jou naam op ‘n straat

Ek voel hoe my hart in weemoed na jou skepping kyk
Soos ‘n armsallige seun het jy ge-lyk
My liewe Rammapokker kind
Waar het jou mamma jou gevind
Het jy dan ooit gedink dat ons nie sal terug-veg
Dat ons nie sal praat in oorleg
Dit is asof jy blindstarend na die lewe kyk
Asof jou woorde soos mis verblyk
Het jy dan ooit geding dat ek jou vrees
Dat ek jou sal koop met klokkies en ‘n bees
Soos ‘n dief in die nag
Het jy vir my gewag
Maar jou woorde speuk in ‘n taal van lieg
Eendag sal jy voor almal moet bieg
Sonder glimlag sal jy in die duister skuil
Terwyl die ANC jou ook in-ruil
Met jou blink karretjie sal jy moet ry
En vir stemme sal jy moet vry
Maar in die donker sal ek jou vind
Terwyl jou woorde jou verslind

Wie wil dan ‘n veraaier volg
Het jy die vraag al ooit gevra
Het jy ooit die woorde las gedra
Ag my liewe Rammapokker kind
Jou maatjies gaan jou eendag vind
Jou woorde le kaal oor die vlaktes heen
Jou dade verdruk onder die wolke ween
Maar die lewe sal met jou speel
Terwyl jy van ander steel
Ek wonder soms of jy ooit dink
Of jy weet hoe julle stede stink
Weet jy van die riool wat in jou stede vloei
Van die die mense wat onder misdaad bloei
Maar wonder is seker nie deel van jou ransoen
Van die onreg wat jy glo en doen.


Willie Beetge 17/10/2018

No comments:

Post a Comment