Sunday, October 7, 2018

Pampoen politiek


Julius staan op ‘n stoel
Met sy handjie wat oor sy magie voel
Sy bank rekening vol gesteelde nille
Maar vir dom is daar steeds nie pille
Sy rooi berette hop op sy kop
Terwyl hy skree pasop
Maar vir domgeit is daar nie pille nie

Ramapokker vrees die rooi mag
En se vat die land julle mag
Voor hy vir Donald se en lieg
Soos ‘n bier met dryfende vlieg
Maar vir dom is daar nie pille
Net ekonomiese nille

Oom Zuma sluip sy tande
Sommer in sy gekreukelde hande
Langs Nkandla le ‘n Gupta in die melk
Met sy neusie rooi en oe ver-welk
Geen pille help vir dom
Dit is die hof se slot-som

Op facebook skree die mense
Versprei die vyand se wense
Twitter skree met min woorde
Alles tot die plaas moore
Julius waai hy dink dis ‘n vlieg
Maar dis Ramapokker wat so lieg

Ape sak hulle oe in skaamte weg
As mense hulle se so sleg
Maar vir dom is daar nie pille
net geraas in hul ver-skille
Ag toggie wat nou
Wie het jou soom ge-vou

Eiers word hastig uit ge-broei
Verkiesing gaan julle bloei
Dis die teug aan die dagga blaar
Die lee koppie is nou klaar
Maar vir dom is daar nie pille
Net groeiende nulle

Zuma stuimel oor sy woorde
Malema skree van plaas moorde
CR sukkel met die konstitiesies
Nog tee vra hy die miesies
Amper skree ek wat de fok
As ek hoor hoe hy nou jok

Pille vir dom weet ek nie van
Maar CR se Julius kan
Met wat het julle dan gedink
Riool wat in die strate stink
Wie sou ooit kon raai
Dat Julius sy boutjie so kon swaai

Willie Beetge 07/10/2018


No comments:

Post a Comment