Tuesday, October 16, 2018

Dief in die nag


Dief in die nag
In die bosse le jy en wag
Deur die venster hou jy dop
Sien jy die prooi wat jy kan rob
Soos ‘n skadu beweeg jy nader
Teen die wil van ons hemelse vader

Kaalvoet is jou stap
Wat plante vertrap
Stadig open jy die deur
Om jou lyf deur te beur
Jy weet die polisie slap nou
Terwyl jy jou byt kou

Eendag gaan hulle jou vang
Is jy dan geensins bang
Met bloed-mes in jou hand
Trap jy spore in die sand
Dring jy deur die venster in
Oe gevestig op wat jy be-min

Jou gogga-makrak
Hang sal ek jou aan ‘n tak
Jou boef en boemelaar
Met jou is my liefde klaar
Wie is jy dan in my land
Met jou lang vinger hand

Willie Beetge 15/10/2018


No comments:

Post a Comment