Friday, October 5, 2018

Lekka by die see


Sonstraletjies spring en dans
Blommetjies kry almal kans
Wolkies wag agter die see
Om ons later water te gee
Golfies dans die somer wals
Klein bikini’s hou alles vals

Kinderjies klim en spring
Terwyl mamma die roomys bring
Honde tjank van genot
Roomys meng met snot
Dit is die daggie by die see
Met ‘n briesie wat oor ons vee

Kreef rooi die boude en bene
Sand besmete skene
Die ou sonbrand room
Hou nie die boude in toom
Soutjies en asyn in die bad
Is al wat brand weg vat

Son met honde bakkies
Sink dakkies
En Datsun bakkies
Beval die strand
En rol in die sand

Braai-vleis son-skyn
Laat die pyn verdwyn
Coke en brandewyn
Glassies vol rooiwyn
Voete wat waggel loop
As koekies in wyn doop

Ag en dan weer die vloek-woord
Die kar na Gauteng almal aanboord
Paaie met speedkops
Pies cake en lolie pops
Die vakansie is verby
En ons moet huis toe ry

Willie Beetge 05/10/2018


No comments:

Post a Comment