Sunday, October 14, 2018

My liewe volk



Die son sak stadig oor ‘n volk
Diefstal moord word normaal ver-tolk
Die dawerende stem oor die berge
Dreun in stilte oor die verte
My taal en my volk
Sonder woorde en ‘n tolk

Ek hoor hoe die wawiel spore
Gly en skreeu in modder vore
Ek sien die laaste woorde
Oor verkrummelende boorde
Dit is asof die nag donderend swyg
Asof die bloed van druk ge-tyg

My erfenis stuk in riool
Klank gedem van die volks viool
My stede le in riool poele
Duk lipsittend in ons stoele
dis die helde se bloed
Wat in my wange gloed

Ek hoor die ratel fluitend oor die veld
Ek sien die onreg wat oral geld
Brandende petrol bande
Krul rokend oor ons kos lande
Bloedbedekte plaas velde
Niks werk en is die selfde

In my hart bulder die lied
Die vraag was alles ver-niet
Ek sien die Godelike klanke
Singend oor sinkhuis planke
In die donker het ons getuimel
In woorde wat golfend rond stuimel

My hart se Liefde grom
Skommel my oor se drom
Waar is ons waardes dan
Die erewoord van ‘n man
Het die son en maan sy kop onttrek
Sy lig van my erfenis vertrek

Maar dan hoor ek weer die spoor
Sien die modder in die donker voor
Ek sien die volkslied dawer
Oor bossies en kaarte klaver
Ek hoor die wolke brul
Die bliksem straal wat om hul krul

My gemoed vloek en skree
As almal teen my volk op-tree
Maar le sal ek nooit
Sal hulle se die waarheid ooit?
Op my boere voete sal ek staan
Sterf voor my woorde ver-gaan

Willie Beetge 12/11/2018



No comments:

Post a Comment