Wednesday, October 17, 2018

Verkrummelende pad


Krummelende pad
Wat aan my voete vat
Het die jare dan verby gestap
My bene voel naar as ek draf
As die plooie my oogies straf

Met huimwee onthou ek die tyd
Toe ek kleilat oor die muur kon smyt
Het die jare dan verby gestap
My hartklop rol in my ribbe-kas
As plooitjies my gesig be-tas

My oe soek oor die berge heen
My denke le op die grond en ween
Het die jare dan verby gestap
Of is dit alles net ‘n grap
Woorde wandel oor my ore
Jare vandat ek was gebore

Het die jare verby-gegly
Het die dae by my verby gery
Gekreukel soek my oe die pad
Wat so aan my kniee vat
Het almal my dan vergeet
My aan my plooie begin meet

Druisend die stilte om my heen
Die harte pyn in siel en been
Eensaam is die rowwe pad
Traan-druppend wat my wang be-nat
Het die jare dan verby gestap
Met die natkant teen my kop geklap

Alleen het ons hier aange-kom
Alleen sal on shier uit my tjom
Ek voel hoe my hart begeer
Om weer te loop in eer
Maar die huimwee om my oe
Die verlies in wat ek glo

En as ek dink ek het alles in toom
Dan noem iemand my weer oom
Ek wil nog oor die vallye draf
Sonder om my bene te straf
Ek wil nog na ‘n nooitjie vry
Maar waar sal ek dit nou kry

Ek kan nog my lading dra
Sonder om vir help te vra
Sakkie sement op die skouer kan ek loop
Maar niemand wil my arbeid koop
Het die jare my dan so gemerk
Dat ek nerens meer kan werk

Eens was ek ‘n held en man
‘n bokser atleet wie “kan”
Almal het my geken
Want ek kon alles wen
Nou le my jeug aan my voete
Met my kniee betaal ek die boete

In my kop kan ek die wedloop wen
Maar slegs met my papier en pen
Deur die gaping kan ek nog gaan
Om ‘n pad na die doel-lyn te baan
Het die jare dit van my ge-steel
Die trippel en die spoed as ek speel

Waar kan ek leer om op te gee
Om met eer af te tree
Wie sal my oortuig van my oud
Van die stywe bene tot in my boud
Wie sal die jeug uit my hart kan steel
My leer dat ek nie meer kan speel

Hulle het nou aftree bussies
Maar die jare is nie vir sussies
Nooit sal ek leer om op te gee
Om te gaan le en net af te tree
Ek voel nog in my hart die vonk
Maar my bene is in die oudheids trunk

Maar voorwaar sal jy my nie wen
Jy sal leer om my weer te ken
My bene sal my dra
Ek hoef nie eens te vra
Ek is nog genoeg
Om my woorde by te voeg

Balskop kan ek nog
Passop vir die oom jou klein bog
Ek weet nie hoe om op te gee
Ek sal jou nog uit die pad kan vee
Want ek is wie ek is
Nie net ‘n swak water vis


Willie Beetge 17/10/2018

No comments:

Post a Comment