Krummelende
pad
Wat aan my
voete vat
Het die jare
dan verby gestap
My bene voel
naar as ek draf
As die
plooie my oogies straf
Met huimwee
onthou ek die tyd
Toe ek
kleilat oor die muur kon smyt
Het die jare
dan verby gestap
My hartklop
rol in my ribbe-kas
As plooitjies
my gesig be-tas
My oe soek
oor die berge heen
My denke le
op die grond en ween
Het die jare
dan verby gestap
Of is dit
alles net ‘n grap
Woorde wandel
oor my ore
Jare vandat
ek was gebore
Het die jare
verby-gegly
Het die dae
by my verby gery
Gekreukel soek
my oe die pad
Wat so aan
my kniee vat
Het almal my
dan vergeet
My aan my
plooie begin meet
Druisend die
stilte om my heen
Die harte
pyn in siel en been
Eensaam is
die rowwe pad
Traan-druppend
wat my wang be-nat
Het die jare
dan verby gestap
Met die
natkant teen my kop geklap
Alleen het ons
hier aange-kom
Alleen sal on
shier uit my tjom
Ek voel hoe
my hart begeer
Om weer te
loop in eer
Maar die
huimwee om my oe
Die verlies
in wat ek glo
En as ek
dink ek het alles in toom
Dan noem
iemand my weer oom
Ek wil nog
oor die vallye draf
Sonder om my
bene te straf
Ek wil nog
na ‘n nooitjie vry
Maar waar
sal ek dit nou kry
Ek kan nog
my lading dra
Sonder om
vir help te vra
Sakkie sement
op die skouer kan ek loop
Maar niemand
wil my arbeid koop
Het die jare
my dan so gemerk
Dat ek
nerens meer kan werk
Eens was ek ‘n
held en man
‘n bokser
atleet wie “kan”
Almal het my
geken
Want ek kon
alles wen
Nou le my
jeug aan my voete
Met my kniee
betaal ek die boete
In my kop
kan ek die wedloop wen
Maar slegs
met my papier en pen
Deur die
gaping kan ek nog gaan
Om ‘n pad na
die doel-lyn te baan
Het die jare
dit van my ge-steel
Die trippel
en die spoed as ek speel
Waar kan ek
leer om op te gee
Om met eer
af te tree
Wie sal my
oortuig van my oud
Van die
stywe bene tot in my boud
Wie sal die
jeug uit my hart kan steel
My leer dat
ek nie meer kan speel
Hulle het
nou aftree bussies
Maar die
jare is nie vir sussies
Nooit sal ek
leer om op te gee
Om te gaan
le en net af te tree
Ek voel nog
in my hart die vonk
Maar my bene
is in die oudheids trunk
Maar
voorwaar sal jy my nie wen
Jy sal leer
om my weer te ken
My bene sal
my dra
Ek hoef nie
eens te vra
Ek is nog
genoeg
Om my woorde
by te voeg
Balskop kan
ek nog
Passop vir
die oom jou klein bog
Ek weet nie
hoe om op te gee
Ek sal jou
nog uit die pad kan vee
Want ek is
wie ek is
Nie net ‘n
swak water vis
Willie
Beetge 17/10/2018